Onthou dat babatjies Iyk na geboorte somtyds vir ‘n mens vreemd. Die gesiggie is dikwels gekreukel en die koppie is dikweis geswel soos die babatjie aanpas by die moeder se geboortekanaal. Die babatjie lyk op die oog af altyd blouerig, of hy nou vaginaal verlos is of m.b.v. ‘n keisersnit. Sodra hy suurstof inasem, begin hy pienk word. Hy is bedek met in wit kaasagtige lagie, ons noem dit “vernix”. Die babatjie kom uit ‘n nat warm omgewing en wanneer hy gebore word is die probleem dat hy dikwels vinnig liggaamstemperatuur verloor. Sy handjies en voetjies word dikwels dan blou en ons sal geneig wees om die baba in daardie situasie in die broeikas te plaas om warm en droog te word.

Borsvoeding:

Alhoewei ons in ‘n moderne eeu leef, is ons nog baie ten gunste van borsvoeding. Die proteïene wat in moedersmelk is, is menslike proteïene en gee baie minder allergieë as vreemde bees- of soyaproteiiene. Die vette wat in moedersmelk is, is ook wat die babatjie spesifiek nodig het. Onder andere vir die ontwikkeling van breinweefsel. Die vetinhoud van moedersmelk is baie laer as die van beesmelk en daarom lyk moedersmelk dikwels vir mense “te flou”. In moedersmelk word immuniteit, wat die moeder deur die jare opgedoen het, passief oorgedra na die baba toe. Borsvoeding is natuurlik ook baie gemaklik en higiënies.

Puerperium – Die ure na kraam:

In hierdie tyd is dit waar dat dit die geveg van die B’s is: Borste, Bottels en Blues. Dit is vir die ma en die baba ‘n tyd van groot aanpassings. Vra orals hulp waar jy kan. Dit is natuurlik om die 2de tot 3de dag na kraam hartseer en depressief te wees. Meestel is dit ‘n verbygaande situasie. indien jy egter vind dat jy baie prikkelbaar is, dikwels huil, angstig en bang word en selfs paranois oor jou baba word, is dit belangrik dat jy jou dokter kontak want jy mag dan erge postnatale depressie ontwikkel het.

Ses weke besoek:

Ses weke na kraam word jy en jou babatjie weer ondersoek. Die baba word deur die kinderarts evalueer en die moeder deur die dokter wat die bevalling gedoen het. Kontrasepsie word dan bespreek, ‘n papsmeer weer geneem en die wonde inspekteer. Onthou dat dit ‘n hele ruk neem na kraam voordat jou libido herstel. Oefening kan hervat word, 6 weke na kraam. Jou eerste menstruasie begin gewoonlik net voor of na die 6 weke besoek. Met borsvoeding is dit dikweis later.