Ons voel nog in hierdie moderne eeu dat in vrou baie goed ontwerp is om normaal geboorte te kan gee. in Keisersnit is ‘n goeie alternatief, maar dit bly die 2de keuse. Normale kraam sal toegelaat word indien die baba se posisie en grootte geskik is daarvoor en die moeder se bekken genoeg ruimte daarvoor het. Ander komplikasies soos hoë bloeddruk kan mens noop tot ‘n keisersnit. indien dinge nie ideaal vir normale kraam is nie, sal ‘n keisersnit gedoen word.

Baie mense wonder hoekom in klisma voor normale kraam gegee word die logika hier agter is dat die kraamproses gepaard gaan met ‘n afdruk gevoel wat vir die vrou voel asof haar maag werk en indien haar rektum nie leeg is nie, sal haar maag wel werk voor en tydens die bevalling. ‘n Ennema voorkom hierdie netelige situasie. Wanneer jy in aktiewe kraam is en die vliese nog nie geskeur het nie, kan die vliese deur die dokter of die kraam personeel geskeur word. Indien die kontraksies nie gereeld is nie, sal ‘n infuus opgeplaas word wat verseker dat dit gereeld is. Vroeg in kraam kan daar nog voedsel ingeneem word, maar later in kraam word dit liewers nie toegelaat nie aangesien jou maag leeg moet wees indien ‘n noodkeisersnit gedoen moet word. Tydens kraam kan verskillende vorms van pynverligting toegedien word. Eerstens help dit as jou man jou rug vryf en masseer, In die kraamafdeling is daar gewoonlik ‘n borrelbad wat nogal goeie pynverligting vir sekere pasiënte bied. inspuitings van Pethidine en/of Aterax help ook baie. Indien nie een van hierdie maatreëls voidoende verligting bied nie, is ‘n epiduraie narkose wonderlike uitkoms. Dit is ‘n prosedure waar tokale verdowing in die iumbale gebied van die rug gespuit word. Let wel dat dit ver weg is van die rugmurg!! Dit gee verdowing van senuwees wat lei tot verligting van kontraksiepyne. Gewoonlik word dit so gedoen dat daar nog geringe sensasie oor is sodat die moeder effektief kan afdruk tydens die kraamproses. Komplikasies wat kan ontstaan is dat die bloeddruk dikwels val, maar dit word maklik medies beheer. Somtyds kan daar bloeding in die gebied van die epiduraal wees, of die verdowing kan opstyg na hoër vlakke en in skaars gevalle die asemhalingspiere aantas.