Wat om te verwag,
Wanneer ek verwag
Lys van dinge wat in die kraamtassie gepak moet word
Vir u Baba: Oorstokkies, wattebolletjies, bababottel, Pamper doeke, Elizabeth Anne’s room of Fissan Paste, sjampoe, Vaseline, chirurgiese alkohol, Gliserien, sepies, in ‘n handige drasak waarin alles pas! Onthou asb. Die baba se klere! Drie stelle is voldoende en in babakombersie.
Wanneer moet ek inkom hospitaal toe?
Inligting oor kraam
Normale kraam
Ons voel nog in hierdie moderne eeu dat in vrou baie goed ontwerp is om normaal geboorte te kan gee. in Keisersnit is ‘n goeie alternatief, maar dit bly die 2de keuse. Normale kraam sal toegelaat word indien die baba se posisie en grootte geskik is daarvoor en die moeder se…
Episiotomie
Word ‘n Episiotomie altyd gedoen?
Ons probeer kyk of die bevalling kan plaasvind sonder dat in episiotomie geknip hoef te word en sonder dat skeure plaasvind. Indien skeure onvermydelik lyk, sal die…
Jy en jou baba, borsvoeding, peurperium en die ses weke ondersoek
Onthou dat babatjies Iyk na geboorte somtyds vir ‘n mens vreemd. Die gesiggie is dikwels gekreukel en die koppie is dikweis geswel soos die babatjie aanpas by die moeder se geboortekanaal. Die babatjie lyk op die oog af altyd blouerig, of hy nou…
Meer inligting
Miskrame
Moeder: Die algemeenste tyd wanneer miskrame plaasvind is tussen 6 tot 9 weke swangerskapsduur. Die algemeenste simptoom wat jy sal opmerk is vaginale bloeding met somtyds, menstruasie-tipe pyn daarmee saam. Met ondersoek by die dokter sal daar dikweis bloeding om die vrugsakkie opgemerk word. Sestig tot 80% van dreigende miskrame sal opklaar en die swangerskap sal normaalweg aangaan. Indien die fetale hartaktiwiteit verdwyn is die diagnose van ‘n onvermydelikie abortus bevestig. Alhoewel ‘n skraap van die baarmoeder nie altyd nodig is nie, word dit in die meeste van die gevalle gedoen.
Daar is heelwat redes vir miskrame, maar dit is egter belangrik om te besef dat byna 1 uit 6 swangerskappe in ‘n miskraam eindig en dat dit nie dui op swak reproduktiewe potensiaal van die moeder of vader nie. Miskrame vind weens een van drie groot redes plaas. Eerstens, afwykings van die baba, tweedens weens abnormaliteit in hormonale ondersteuning vanaf die moeder se kant en derdens afwykings in die moeder se anatomie.
Die belangrikste is egter eersgenoemde met die embrio wat een of ander chromosomale- of ontwikkelingsafwyking het en net nie in staat is om verder te ontwikkel nie en dan afsterf. Op hierdie manier word ons as ouers beskerm dat ons nie abnormale babas hoef groot te maak nie! Faktore wat baie selde aanleiding gee tot miskrame is voedingsprobleme, motor ry, onlangse seksuele gemeenskap en emosionele stres.
Vader: Indien jou vrou blootgestel word aan ‘n dreigende miskraam of ‘n miskraam, sal jy haar baie moet ondersteun want vrouens ervaar dit baie sleg en negatief, byna soos dood van ‘n familielid.
Amniosentese
Amniosentese is ‘n prosedure waarby vrugwater vanuit die baarmoeder getrek word om sodoende fetaie selle te kry om hulle chromosoomsamestelling te bepaal. Die ondersoek word gedoen wanneer daar ‘n hoë risiko is vir chromosomale afwykings soos mongolisme. Somtyds is dit ook belangrik om die geslag van die baba so vas te stel omdat sekere genetiese toestande aan sekere geslagte gekoppel word. Dit word ook gedoen by pasiënte met ‘n geskiedenis van sekere fetale afwykings. Die uitslag van die kweking van die selle, neem 111, gewoonlik 4 tot 6 weke. Daar is nou ‘n nuwe ontwikkeling, die sogenaamde FISH toets. gedoen, Hierdie toets kan reeds binne enkele dae die chromosoomsamestelling van die baba gee met in redelike hoë mate van sekerheid. Dit is belangrik om te besef dat ‘n amniosentese ‘n risiko dra vir die ma en baba. in die wêreld word dit gereken dat 1/200 van amniosintesis eindig in ‘n komplikasie soos dreinering van vrugwater, bloeding, kontraksies van die baarmoeder of selfs ‘n miskraam. Daarom word ‘n amniosentese slegs gedoen met baie goeie motivering daarvoor. Na die doen van ‘n amniosentese verkies ons dat jy ‘n dag tuis bly en rustig verkeer. 017
Wat van oefening
Indien jy gereeld oefen, kan jy met ‘n bekende tipe van oefening steeds voortgaan. Weens die verhoogde aanvraag na jou kardiale uitwerp sal jy vind dat jou oefeningtoleransie afgeneem het en dat dit vir jou voel asof jy al hoe minder fiks word. Joga, stap en swem is goeie oefeninge om in swangerskap te doen. Bekkenvioer oefeninge is ook aan te beveel.
Hoeveel gewig kan ek optel
As algemene riglyn word gevoel dat 12 kg gewigstoename aan die swangerskap toegeskryf kan word. Gewigstoename meer as dit gaan ongelukkig aan jou lyfie agter bly en in effek hê op jou klerekas. Eet so ekonomies as moontlik en vermy dinge wat jy self weet jou gewig sal laat optel. Alhoewel melk ‘n goeie bron van kalsium is, moet gewaak word teen te veel melk, want die melk vette laat jou baie gewig optel probeer om afgeroomde te gebruik want die vette is dramaties laer, maar die kalsium inhoud is dieselfde as volroommelk. Pasop vir vrugtesap want dit is vol vrugtesuiker wat ‘n hoë bron van kalorieë is.
Hoe gemaak met naarheid
Sommige mense ervaar geen naarheid in swangerskap nie en ander se naarheid is so erg dat hulle geen voedsel of vloeistof kan inneem nie en dat hul selfs gehospitaliseer en met ‘n intraveneuse infuus behandel moet word. Ons verwys daarna as hiperemeses gravidarum. Gelukkig is daar nou verskeie anti-emetika wat goedgekeur is vir die gebruik in swangerskap en ons kan oor die algemeen baie simptome so draaglik maak dat die swangerskap weer ‘n plesier word. Naarheid verdwyn gelukkig na 12 tot 14 weke.
Hoofpyne
Hoofpyn is ‘n redelike algemene gewaarwording in swangerskap veral van 12 tot 24 weke. Een van die teorieë vir die hoofpyn is dat jou be bloeddruk somtyds aanleiding hiertoe gee. Die deurbloeding van jou brein verminder en jou brein kompenseer met verwyding van die brein se are. Dit gee dan ‘n migraine tipe hoofpyn. ‘n Algemene bevinding is dat hierdie tipe van hoofpyn na 24 weke verminder en later selfs verdwyn.
Wat van gemeenskap
Oor die algemeen is gemeenskap tydens swangerskap nie ‘n probleem nie. Maar die baarmoedermond (serviks), is baie bloedvatryk en kan somtyds in swangerskap aanleiding gee tot vaginale bloeding. Tydens die derde trimester sal die groot baarmoeder ‘n meganiese dilemma word.
Tydlyn

Week 1-4
Moeder
Baba
Vader

Week 5-8
Moeder
Embrio
Vader

Week 9-12
Moeder
Embrio
Vader

Week 13-17
begin stywer sit en jou blaas begin jou jaag! Jy voel nog nie fetale bewegings nie en jy
ervaar lastige ronde ligamentpyne. Dit is ligamente wat vanaf die hoek van die
baarmoeder verloop na jou liesgebied. Enige beweging wat jy uitvoer, kantel die
baarmoeder en trek sodoende aan hierdie ligamente. Dit gee aannleiding tot lastige
ongemak of pyn, byna soos tydens menstruasie. Jou besoek op 16 weke gaan
gewoonlik nie gepaard met in detail sonar nie, maar jou bloeduitslae word bespreek en
die fetale hartspoed word evalueer.
Moeder
Fetus
Die babatjie begin met primitiewe asemhalingsbewegings. Heelwat vrugwater word gesluk en die baba kan begin hik.

Week 17-22
Moeder
Baba
Vader
Week 22 - Sonar

Week 23-27
Moeder
Baba
Vader

Week 28-30
Sonar
3D Sonar

Week 32
Moeder
Baba

Week 36
Moeder
Baba
Vader
